• Skip to main content
  • Skip to secondary menu
  • Skip to footer
  • Add Event
  • Directory
  • Submit News

MyZA

Free Events Calendar and Business Directory

  • SA News
  • Contact
  • Submit News
  • Directory
  • Quickly Add Listing

GLANS, SWIER EN TOENTERTYDSE JUWELE

16 April 2013 By admin

Die jaarlikse “Vintage Ideas”-mark by die Simondium Country Lodge sal besoekers weereens verras met ‘n ongelooflike inkopie-ervaring. Van Vrydag, 26 April, tot Sondag, 28 April, sal die elegante gastehuis in ‘n Great Gatsby-skatkis omskep word met ongelooflike artikels wat aan toeka se dae herrinner.

Vintage items het die afgelope jare al hoe gewilder en al hoe meer modieus geword en diegene wat die tendense van môre en oormôre voorspel, meen hierdie neiging moet nog sy piek bereik. Die retro-beelde van die 1920s het die verbeelding aangegryp van dekor- en mode-ontwerpers, en selfs Hollywoodse rolprentvervaardigers met die bekendstelling van die fliek The Great Gatsby, wat volgende maand (Mei 2013) in Suid-Afrika begin draai.

Simondium’s Country Lodge bied meer as 1,5 hektaar bedekte uitstallingsruimte vir die meer as vyftig uitstallers en besoekers sal die kans kry om inspirasie te vind vir ‘n oordadige 1920s beeldverandering deur die stalletjies te besoek met hul uitmuntende dekorartikels, glas- en silwerware, skoonheids- en badprodukte, kombuisware en tuintoebehore, asook onweerstaanbare snuisterye en pryslose antieke ware. Roep die romanse van toentertyd op met ‘n soliede parfuumhangertjie vanaf ‘n plaaslike, botaniese parfumerie of pragtige kantlinne. Modebewustes kan hul winterklerekaste opkikker met klere, juweliersware en skoene wat aan toeka se dae herrinner.

Die delikatessen beloof om ewe gewild te wees met ‘n wye verskeidenheid tuisgemaakte produkte, van soetgoed, tuisgebakte beskuit, gerookte biltong en koffie tot pannekoek en boetiekbakkeryprodukte. Les jou dors met handgemaakte bier van Darling Brew Slow Beer. Hierdie mikro-brouery van Darling maak tans vyf verskillende biere vir elke smaak en geleentheid.

Die pragtige tuine met hul ronddwalende poue en kalmerende waterfonteine bied die ideale plek om te ontspan met verversings. Daar sal spesiale vermaak wees om die kleingoed besig te hou terwyl hul ouers rustig deur die mark dwaal.

Die dekorkenners van Paint Décor sal daaglikse demonstrasies aanbied om besoekers te wys hoe om ‘n kamer te omskep in ‘n stelling uit toeka se dae. Die demonstrasie van twee uur sal die jongste doen-dit-self-neigings behels, insluitende kenners se raad oor die jongste verftendense, die verftegnieke om daai toentertydse voorkoms te bereik aangebied deur Lemon Lilac, materiaalmodes en toentertydse sierkranse deur Flower Heart in Durbanville. Die sessies sal daagliks vanaf 11vm wees. Aangesien sitplek beperk is, word bespreking aanbeveel. Die kaartjies kos R250 per persoon en sluit gratis toegang tot die mark en ligte verversings in. Kontak vir Elna of Jani by 021-880-1980 om te bespreek.

Die Simondium Country Lodge is geleë langs die R45 tussen die Paarl en Franschhoek. Die “Vintage Ideas”-mark sal elke dag van die Vrydag tot die Sondag, 26 tot 28 April, oop wees tussen 9:30vm en 4nm. Die kaartjies kos R30 vir volwassenes. Kinders kry gratis toegang. Daar is voldoende parkering en sekuriteit beskikbaar op die perseel.

Vir meer inligting, besoek www.festiveideas.co.za of skakel 021-874-1046.

Einde

URL: http://www.festiveideas.co.za
Twitter:
Facebook:
YouTube:

Author: Ronelda Visser from Peridot Communications. Originally distributed by MyPR.co.za.

No of Images Uploaded: Three

To gain access to Three image/s please Like, Tweet or +1 this article:

Images:
Vintage-Ideas-2013-lo-res
The third annual Vintage Ideas market takes place from 26-28 April. Photographer: SuppliedVintage-Flair-lo-res
Paint Decor will present daily demonstrations during the Vintage Ideas market Photographer: Paint Decor

vintage6-lo-res
Vintage enthusiasts can browse through a treasure trove of vintage and vintage inspired items. Photographer: Peridot





Previous: Eat Out reveals changes for restaurant awards
Next: Maree keeps Tasol-GT alive at Emperors Palace





Filed Under: South Africa Tagged With: mypr, public relations

RSS Events

  • Soweto Gets a New Summer Lifestyle Festival as Sugar People & Friends Celebrates Its First Birthday
  • Deftones Setlist: What to Expect From Their 2027 Live Show
  • Hyde Park Corner Brings Out the Stars for This Year’s Spectacular Tree Lighting Celebration!
  • Step Inside: Prudential Center – Home of the New Jersey Devils
  • Exclusive November Imax Lineup Features Iconic Music Legend and a Hollywood Blockbuster
  • Kasi Republic Brings Kwaito, Kasi Cars and Ispantsula Style to Riversands Farm Village This Reconciliation Day
  • Festive Shopping Made Simple at Solly Kramer’s Parkhurst
  • LEDBox Hires Outdoor LED Screen Trailers with On-Site Crew
  • From Busking to the Business of Music: MEX Opens New Doors
  • P!NK Setlist: What to Expect From Her 2027 Live At Sphere Residency

About admin

The one with a "My Complex" - incurable but fun. Grumpy, Cynical, Wise and Idiotic. I can also be found HERE.

Footer

Latest News from Africa

  • Prince Albert – the New King of Jazz
  • Eritrea: Independence Cup in Southern Region
  • President El-Sisi Follows-up on the Evacuation of Egyptian Citizens from Sudan
  • United Arab Emirates welcomes initiation of talks between Sudanese Armed Forces and Rapid Support Forces
  • Ghana’s regions: why creating new territories has caused problems
  • Uganda Red Cross Delivers Relief Aid to Kisoro Floods-Affected Communities
  • President Ramaphosa alarmed over conflict, violence in eastern DRC
  • Mental health: almost half of Johannesburg students in new study screened positive for probable depression
  • Dietary Supplements for Dogs and Cats: Enhancing Well-being
  • Midwives scramble to ensure safe deliveries amid violence in Sudan

RSS MyPR’s Free Press Releases

  • One Billion, Four Hundred and Fifty-Five Million, Seven Hundred and Ninety-Six Thousand, Eight Hundred and Forty-Six Times
  • Anchor Entrepreneur Awards announces 2026 finalists
  • Aremimo to Mark Fifth Anniversary With Grand Event in Addis Ababa on 5 December
  • Which Is Better: Petrol or Battery? That’s the Wrong Question
  • Two More Reasons for Brahman Hills to Celebrate!

© 2026 MyZA · Port Elizabeth, South Africa | Privacy Policy | MyZA content usage