{"id":158596,"date":"2020-03-18T11:46:57","date_gmt":"2020-03-18T09:46:57","guid":{"rendered":"https:\/\/www.myza.co.za\/2020-spar-kirkwood-wildsfees-staan-oor-tot-2021\/"},"modified":"2020-03-18T11:46:57","modified_gmt":"2020-03-18T09:46:57","slug":"2020-spar-kirkwood-wildsfees-staan-oor-tot-2021","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.myza.co.za\/press\/2020-spar-kirkwood-wildsfees-staan-oor-tot-2021\/","title":{"rendered":"2020 SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021"},"content":{"rendered":"<p><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/mypr.co.za\/2020-spar-kirkwood-wildsfees-staan-oor-tot-2021\/\" rel=\"noopener noreferrer\">2020 SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021<\/a>: <\/p>\n<p>N\u00e1 deeglike oorweging het die direksie en bestuur van die SPAR Kirkwood Wildsfees besluit om ni\u00e9 die 2020-fees weens die w\u00eareldwye uitbreek van die COVID19-virus aan te bied nie \u201cMaar wees gerus, ons het reeds ons datums en planne in plek vir volgende jaar se SPAR Kirkwoods Wildsfees wat oor die naweek van 25 \u2013 27 Junie aangebied sal word,\u201d s\u00ea Jenni Honsbein, feesdirekteur.<\/p>\n<p>\u201cDit was n baie moeilike besluit om te neem,\u201d s\u00ea Paul Marais, voorsitter van die Wildsfees.<\/p>\n<p>\u201cHoewel die Wildsfees se beplande datums buite die periode van pres. Cyril Rampahosa se verbod op openbare samekomste val, is besluit dat die aanbieding van die 2020-Wildsfees \u2018n te groot risiko vir te veel mense sal inhou.<\/p>\n<p>\u201cDit sluit in die duisende werkers wat in een van die beste sitrusproduksiejare nog, die vrugte moet pluk en verpak.<\/p>\n<p>\u201cOns borge het volle begrip vir ons besluit en ondersteun dit ook. Talle het hulle al verbind tot die 2021 SPAR Kirkwood Wildsfees,\u201d voeg Marais by.<\/p>\n<p>\u201cAs naamborg van die SPAR Kirkwood Wildsfees, ondersteun ons die kansellasie van die 2020 Wildsfees ten volle,\u201d s\u00ea Alan Stapleton: aankopebestuurder nie-bederfbares, borgskappe en geleenthede van SPAR Oos-Kaap.<\/p>\n<p>\u201cHoewel die Wildsfees baie belangrik is vir die Kirkwood-gemeenskap, is die risiko net te hoog vir alle rolspelers \u2013 die kunstenaars, stalletjiehouers, diensverskaffers, feesgangers, en vele meer \u2013 om daarmee voort te gaan.<\/p>\n<p>\u201cOns prys die feesbestuur vir hul toewyding om \u2018n wen-wen-stuasie vir almal te probeer skep.<\/p>\n<p>\u201cKom ons bly almal positief onder die huidige omstandighede met die wete dat ook di\u00e9 krisis verby sal gaan en dat die 2021 SPAR Kirkwood Wildsfees n\u00f3g groter en beter as ooit tevore sal wees,\u201d s\u00ea Stapleton.<\/p>\n<p>Volgens Marais het die Wildsfees, in trotse gemeenskapsbesit, genoeg geldelike reserwes opgebou, juis om dit deur \u2018n uitdagende periode te kan neem.<\/p>\n<p>\u201cOns kon dit doen omdat die Wildsfees, as \u2018n nie-winsgewende organisasie, se fokus op volhoubaarheid en die beste belang vir die inwoners van die Sondagsriviervallei is,\u201d s\u00ea Marais.<\/p>\n<p>Omdat die meeste van die kunstenaars, wat al lankal vir die fees bespreek is, \u2018n uitdagende jaar tegemoet gaan, het die Wildsfees-bestuur besluit dat hierdie kunstenaars die deposito\u2019s kan hou wat reeds aan hulle betaal is. Die enigste voorwaarde hieraan verbonde is dat hulle \u2018n nuwe kontrak vir hul optrede vir 2021 se Wildsfees moet onderteken.<\/p>\n<p>Net so sal daar aan stalletjie-eienaars, wat reeds hul deposito\u2019s betaal het, die opsie gegee word om hul deposito (minus BTW) terug te kry, of om hul bespreking vir 2021 se Wildsfees teen dieselfde koste as di\u00e9 van 2020 te hou.<\/p>\n<p>\u201cHierdeur is dit n wen-wen situasie vir almal. Ons vertrou dat die gasvryheidsbedryf van die Sondagsriviervallei en Addo die nodige insig vir die groter prentjie sal toon en \u00f3f die deposito\u2019s op besprekings vir verblyf sal terugbetaal, of om di\u00e9 besprekings na volgende jaar oor te dra,\u201d s\u00ea Marais.<\/p>\n<p><strong>Video:<\/strong> 2020 SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021<\/p>\n<p><strong>More Info on 2020 SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021 here:<\/strong> <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.wildsfees.co.za\" rel=\"nofollow noopener noreferrer\">http:\/\/www.wildsfees.co.za<\/a><br \/><strong>Twitter<\/strong>: <a target=\"_blank\" href=\"https:\/\/twitter.com\/Siyathetha\" rel=\"nofollow noopener noreferrer\">https:\/\/twitter.com\/Siyathetha<\/a><br \/><strong>Facebook<\/strong>: <a target=\"_blank\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/SiyathethaCommunications\/\" rel=\"nofollow noopener noreferrer\">https:\/\/www.facebook.com\/SiyathethaCommunications\/<\/a><\/p>\n<p><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/mypr.co.za\/save-with-myprs-monthly-flat-fee\/\" rel=\"noopener noreferrer\">CLICK HERE to submit your press release to MyPR.co.za<\/a>.<\/p>\n<p><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/mypr.co.za\/submit\" rel=\"noopener noreferrer\">Click HERE to submit your Durban \/ Kwazulu-Natal Press Release<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>2020 SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021: N\u00e1 deeglike oorweging het die direksie en bestuur van die SPAR Kirkwood Wildsfees besluit om ni\u00e9 die 2020-fees weens die w\u00eareldwye uitbreek van die COVID19-virus aan te bied nie \u201cMaar wees gerus, ons het reeds ons datums en planne in plek vir volgende jaar se SPAR Kirkwoods [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_genesis_hide_title":false,"_genesis_hide_breadcrumbs":false,"_genesis_hide_singular_image":false,"_genesis_hide_footer_widgets":false,"_genesis_custom_body_class":"","_genesis_custom_post_class":"","_genesis_layout":"","ngg_post_thumbnail":0,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_publicize_message":"","jetpack_publicize_feature_enabled":true,"jetpack_social_post_already_shared":true,"jetpack_social_options":{"image_generator_settings":{"template":"highway","default_image_id":0,"font":"","enabled":false},"version":2}},"categories":[18],"tags":[8275,3335,953],"class_list":{"0":"post-158596","1":"post","2":"type-post","3":"status-publish","4":"format-standard","6":"category-durban","7":"tag-durban","8":"tag-mydurban-co-za","9":"tag-newspaper","10":"entry"},"jetpack_publicize_connections":[],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.myza.co.za\/press\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/158596","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.myza.co.za\/press\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.myza.co.za\/press\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.myza.co.za\/press\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.myza.co.za\/press\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=158596"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.myza.co.za\/press\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/158596\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.myza.co.za\/press\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=158596"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.myza.co.za\/press\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=158596"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.myza.co.za\/press\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=158596"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}