November is Internasionale Diabetes Bewusmakingsmaand en reg oor die media kanale is daar ‘n groot beweging, nie net na ‘n groter bewustheid van die kwellende kondisie nie, maar na beweging. Beweeg SA is ‘n inisiatief deur verskeie organisasies geskoei daarop om Suid-Afrikaners aan die wikkel te kry.
Diabetes is ‘n kondisie waar die hoeveelheid suiker (glukose) in die bloed te hoog is. Dit is ‘n sogenaamde “leefstyl siekte” wat beteken dat dit veroorsaak kan word deur die manier wat ons lewe. Bykans 6.5 miljoen Suid-Afrikaners en meer as 346 miljoen mense wêreldwyd ly aan diabetes. ‘n Verbysterende 80% van mense met diabetes sterf aan hartkondisies en 50% het ‘n hoë kolesterolvlak.
Al is daar geen kuur vir diabetes nie, is daar baie bewyse (volgens die Internasionale Diabetes Fonds of IDF) wat wys dat ‘n gesonde liggaamsgewig en gemiddelde fisiese aktiwiteit die ontwikkeling van Tipe 2 diabetes kan verhoed. ‘n Daaglikse oefenplan van 30 minute (deur middel van dans, swem, vinnig stap of fietsry) kan ‘n mens se risiko met tot 40% verminder.
Die Grootbrak Grabadoo is al 9 jaar lank besig om mense se oefengees aan te wakker met ‘n pret dag vol beweging vir die hele gesin, van kranige atleet tot langs die strand stapper. Hierdie jaar vind die geleentheid op 31 Desember plaas; net betyds om die nuwe jaar sommer op ‘n adrenalien gevulde, endorfien gelaaide noot af te skop.
As jy ‘n kranige stapper of drawer is, kan jy vir die 4.8km roete inskryf. Padfietsryers kan hulle oefening inkry voor die Argus deur in te skryf vir of die 20 of die 40km roetes. Bergfietsryers kan hulle tande slyp vir 15, 35 of die nuwe verlengde roete, die 70km met van die mooiste uitsigte in die Suid-Kaap (indien jy asem of tyd het om dit in te neem).
Inskrywings is oop! Belangstellendes kan by Chas Everitt kantore in George, Sedgefield en Grootbrakrivier of aanlyn hulle deelname bespreek by www.online.co.za. Inskrywings is reeds oop en die eerste 1200 inskrywings kry wonderlike somer geskenkpakkies waaronder ‘n lekker 8ta verrassing. Alle deelnemers wat klaarmaak kry ‘n medalje, ‘n Mitchum geskenk en Powerade.
Die beweging na beweging is gewis ‘n welkome stappie (vinning) in die regte rigting. Kry jou litte los en skryf in vir die Grootbrak Grabadoo en gaan jou 2012 op ‘n drafstap in.
Vir meer inligting oor hierdie opwindende geleentheid wat vanjaar vir die negende keer plaasvind, kan Mimi Finestone gekontak word op 084 583 3144, epos mimi@gojipr.net of besoek www.gojipr.net om te kyk hoe die vorige jare se feestelikheid gelyk het.
