• Skip to main content
  • Skip to secondary menu
  • Skip to footer
  • Add Event
  • Directory
  • Submit News

MyZA

Free Events Calendar and Business Directory

  • SA News
  • Contact
  • Submit News
  • Directory
  • Quickly Add Listing

Sluier lig op opwindende nuwe verwikkelinge by EDEN School of Culinary Art

15 November 2011 By admin

Die nuutgestigde François Ferreira Akademie is Dinsdagaand by ‘n glansgeleentheid by die Eden School of Culinary Art bekendgestel. Gaste, borge, medewerkers en vriende het met afwagting toegekyk toe François Ferreira & Carol Wicht trots die sluier gelig het op die toekoms van die Eden School of Culinary Art. Die François Ferreira Akademie word die meester handelsmerk, waaronder die Eden School of Culinary Art (“good chefs cooking”) en die splinternuwe Etude School of Hospitality (“service with attitude”) sal val.

Die akademie het nie net nuwe name gekry nie, maar ‘n hele nuwe beeld ook. Die onthulling van die handelsmerk het behoorlik die gaste in vervoering gehad oor interpretasie van die nuwe beeld wat binnekort ook aan die publiek bekendgestel gaan word.

Die gaste by die bekendstelling is behoorlik bederf – van die verfrissende drankies met aankoms tot by die absoluut dekadente sjokolade mouse koppies en geurige koffie na afloop van ‘n verruklike maaltyd, en alles in suiwer Afrikaans.

Die akademie is daar om studente met die nodige vaardighede te bemagtig om letterlik en figuurlik te kan kook in die baie kompeterende gasvryheidsindustrie. Daar is ook aan studente ondersteunende toegang tot formele programme soos goedgekeur deur die Nelson Mandela Metropolitan University (NMMU) deur middel van kort kursusse (geregistreer by die NNMU). Studente kan ‘n CATHSSETA goedgekeurde kwalifikasie verwerf. Die akademie is onlangs ten volle geakkrediteer deur die City & Guilds groep wat studente aan die akademie die geleentheid gee om ‘n internasionale kwalifikasie verwerf.

Diegene wat reeds in die gasvryheidsbedryf aktief betrokke is, kan ook verdere opleidingsgeleenthede meemaak deur middel van werkswinkels en ander indiens opleidingsprogramme. Die akademie gaan ook mettertyd kort kursusse aan die publiek aanbied wat studente se spysenieringsvaardighede sal opknap (of afstof) om ook aan Jan Publiek die liefde van kos en kook oor te dra.

Die Tuinroete is vir seker in vir ‘n watertand omwenteling met die bekendstelling van die François Ferreira Akademie. “Ek hoop die industrie is reg vir ons, want met hierdie nuwe beeld en nuwe gasvryheidsafdeling wat ook nou deel vorm van die akademie, gaan studente wat hier uit stap reg wees om die wêreld aan te vat,” sê François Ferreira, medestigter van die François Ferreira Akademie.

Vir meer inligting oor die François Ferreira Akademie, besoek www.francoisferreira.com maak ‘n draai by Label Leaders House op die gronde van PW Botha College in Yorkstraat, George.

Die François Ferreira Akademie is trots om besighede soos Label Leaders, Margot Swiss International en Gastao Foods, Barrydale Wynkelder, Oude Molen, Eureka Meulens as borge te he.

Die Akademie het ‘n nou betrekkinge met die NMMU en is besig om aanvullende kort kursusse vir “Game Ranging” en toerisme te ontwikkel.

Behalwe die formele programme bied die Akademie ook vaardigheids programme aan wat vir die laaste 3 jaar deur die Absa Foundation ondersteun is. Hierdie programme is uiters suksesvol en die Akademie vaar uiters goed om die leerders in “sustainable” werke in die Tuinroete asook die Klein Karoo te plaas.

Wyn opleiding kry ook baie aandag en daar werk die Akademie nou saam met verspreiders soos NLR Wines en is is ook ‘n opleidingslokaal vir die Kaapse Wynakademie in Stellenbosch.

Hulle werk ook nou saam met die Suid Afrikaanse Brandewynstigting, Klein Karoo Wynroete en die Port Assosiasie.

Francois Ferreira and Carol Wicht
Francois Ferreira and Carol Wicht




Previous: Concern over plan for building tariff
Next: Summer Sun Festival at Diaz Strand hosts MK Avontoer and a whole lot more





Filed Under: South Africa Tagged With: Barrydale Wynkelder, City & Guilds, Eden School of Culinary Art, Eureka Meulens, François Ferreira Akademie, Gastao Foods, Margot Swiss International, Oude Molen

RSS Events

  • College Football Bowl Games Explained: What You Need to Know
  • Stray Kids Announce 2027 Tour: See Dates
  • Eastern Conference Rivalry: Washington Wizards vs. Atlanta Hawks
  • Author Mercia Scharneck Invites Readers to Rediscover the Purpose God Has for Their Lives
  • Empire Nxumalo Drops New Single “Kuzeka” – Now Available On All DSPs
  • Why the Cowboys and Lions Play on Thanksgiving
  • A Pool of Delight Surrounded by Excellence
  • Jack Harlow Revisits His Roots With a Grown-up Twist on New EP Sweet Action II, Featuring R&B Legend Babyface
  • Holiday Sports Preview: Must-Watch NBA, NFL, NHL & NCAA Games
  • Zulo Serves up an Eight-Track Celebration of Love, Home and South African Identity on ‘Something Lekker’

About admin

The one with a "My Complex" - incurable but fun. Grumpy, Cynical, Wise and Idiotic. I can also be found HERE.

Footer

Latest News from Africa

  • Prince Albert – the New King of Jazz
  • Eritrea: Independence Cup in Southern Region
  • President El-Sisi Follows-up on the Evacuation of Egyptian Citizens from Sudan
  • United Arab Emirates welcomes initiation of talks between Sudanese Armed Forces and Rapid Support Forces
  • Ghana’s regions: why creating new territories has caused problems
  • Uganda Red Cross Delivers Relief Aid to Kisoro Floods-Affected Communities
  • President Ramaphosa alarmed over conflict, violence in eastern DRC
  • Mental health: almost half of Johannesburg students in new study screened positive for probable depression
  • Dietary Supplements for Dogs and Cats: Enhancing Well-being
  • Midwives scramble to ensure safe deliveries amid violence in Sudan

RSS MyPR’s Free Press Releases

© 2026 MyZA · Port Elizabeth, South Africa | Privacy Policy | MyZA content usage